Die persoon in taalkunde is gewoonlik die onderskeid tussen ’n verwysing na die spreker (eerste persoon), die een met wie gepraat word (tweede persoon) en ander (derde persoon). Eenvoudige voorbeelde van die eerste persoon is "ek" en "ons", van die tweede persoon "jy", "u" en "julle" en van die derde persoon "hy", "sy", "dit" en "hulle".[1] Die persoon kan dus enkel- of meervoud wees.